Oor Ons

Maatskappy Geskiedenis
Sak ‘n Pak is in 2003 as ‘n familie onderneming gestig met net ses werknemers en een kliënt.  Aanvanklik het ons slegs gedrukte material aangekoop en met hande arbeid verwerk na polipropsakke.  Sak ‘n Pak het in so ‘n mate gegroei dat ons vandag oor verskeie drukkers en automatiese sak masjiene beskik waarmee ons hoë gehalte poliprop sakke aan ons kliënte lewer.

Na aanleiding van ‘n hoë vraag na massa sakke het ons dit in 2007 by ons produkte gevoeg.  Sodoende voorsien ons op uitgebreide basis in ons kliente se behoeftes. Ons massa sakke is van die hoogste gehalte, ontwerp en vervaardig volgens elke klient se vereistes.

In 2014 het Sak ‘n Pak en Unisak BK kragte saam gesnoer.  Unisak is n goed gevestigde vervaardiger van poliprop sakke. Unisak spesialiseer in kleiner volume drukwerk van uitstaande kwaliteit.  Die samesmelting het ons in staat gestel om ‘n groter verskeidenheid kliente te akkommodeer, groot en klein.

Ons Visie
Ons streef daarna om die voorste verskaffer te wees van poliprop en massa sakke.

Ons Missie
Sak ‘n Pak is ‘n familie onderneming wat daartoe verbind is om ten alle tye ‘n produk van uitstaande gehalte aan die landbou, vervoer, mynbou en nywerheid sektore te bied.  Ons glo aan goeie diens en tydige aflewering.  Ons sal elke kliënt help om ‘n produk te ontwerp wat aan sy spesifieke behoeftes voldoen, om sodoende waarde by hul besigheid te voeg.  Ons by Sak ‘n Pak glo daarin om besigheid eties en met integriteit te doen.  Ons heg baie waarde aan goeie verhoudings met ons werknemers, verskaffers en kliënte.  Sak ‘n Pak onderneem om ‘n gesonde balans tussen hande arbeid en tegnologie te handhaaf, om sodoende werksgeleenthede te skep.

Sak 'n Pak featured on Ontbytsake.

Watch the video here.